<< prev | top | list Jökulsárlón list | top | next >>
previous
Jökulsárlón
next.
Jökulsárlón
websize photograph
Bildbeschreibung
Titel: Jökulsárlón
Beschreibung:

Jökulsárlón (afgelei van Yslands jökulsá "gletserrivier" en lón "strandmeer") is die bekendste en grootste van Ysland se gletsermere in die suidooste van die land. Die meer is aan die suidelike kant van die Vatnajökull-gletser tussen die Nasionale Skaftafellpark en Höfn, die administratiewe sentrum van Suidoos-Ysland, geleë.

Die gletsermeer het eers in die 20ste eeu ontstaan nadat aardbewegings die Breiðamerkurjökull-gletserrivier se toegang tot die see afgesny het. Volgens geoloë kan die rivierloop in die toekoms deur nuwe aardbewegings moontlik weer herstel word. Die meer sal dan uitdroog.

Die Jökulsárlón is tans vanweë sy drywende ysberge, wat van die Breiðamerkurjökull se gletsertong wegbreek en hoogtes van tot by 15 meter bereik, een van die belangrikste toeriste-trekpleisters in Suidoos-Ysland. Die wye spektrum van kleurskakerings strek van grys en swart tot by ysblou. Die blou kleur word deur verskillende kristale en hul ligrefleksie veroorsaak, terwyl vulkaanas aan sommige sberge 'n donker vooroms gee.

Digby die gletsermeer oorspan 'n brug die gletserrivier Jökulsá á Breiðamerkursandi. Die brug maak deel uit van die Yslandse ringpad Hringvegur wat langs die kuslyn van die land en ook langs die Jökulsárlón loop. As gevolg van die Atlantiese Oseaan se branders en die gepaardgaande erosie van die kus loop die brug gevaar om onderspoel te word. In hierdie geval sou die gletsermeer deur die natuurkragte in 'n oseaanbaai omskep word.

Bilddaten
Image sizes: 3456*2304px, 2375kb
Origin: Originally a digital image, with postprocessing
Date/Time: 20090717-134458
Camera: Canon EOS 350D DIGITAL
Iso: 100
Speed: 1/640s
Aperture: F5.6
Focal length: 205.0mm
Aperture: 328mm
Destination coordinates;WGS84 LONG -16.088104248°, LAT 64.0888572306°, coordinates may be inaccurate!
Author: Alexandra Medwedeff
Photo copyright: This photograph is copyrighted (©) by André M. Winter and others. A free permissions for re-use may be given for non-commercial purposes. Commercial use requires a license. Contact André M. Winter for any kind of use. This extended copyright notice applies in all cases. Infringements always will be persecuted worldwide. Legal court: Innsbruck, Austria, E.U.
Text copyright: The description of this photograph (or parts of) is based on this article of the free Wikipedia encyclopedia and are covered by the GNU Free Documentation License (GFDL). Authors are named on the Wikipedia page.
Link to this page: link to this page
<< prev | top | list list | top | next >>